DS Du Toit Christian Counselling
DS Du Toit Christian Counselling Details
Contact Person: Dawie
Website: http://D.S-DuToit-ChristianCounselling
Email: dsdt.christiancounselling@gmail.com
Cell Number: 082 576 9286
Telephone Number: 016 4281280
Address: Hendrik Potgieter Street
Located in: Vereeniging
Description
D.S Du Toit Christian Counselling My naam is Dawie Du Toit, ek is n 43 jarige man wat ligaamlik gestrem is, ek is in n elektriese rystoel. Om deur die samelewing as “anders” of “spesiaal” geklasifiseer te word en deur baie trauma en moeilike omstandighede te gaan deur die jare, en meestal op my eie moes “cope” en niemand gehad om mee te praat nie, het ek besluit om te gaan studeer en mense te help. Die visie van die praktyk is om mense deur terapeutiese en geestelik ontwikkeling te help om alternatiewe uitkomste van keuses te vind vir uitdagings in die lewe. My praktyk het ontstaan uit my alledaagse uitdagings en om mense te help om na trauma, van watter aard ook al, weer ‘n vol en gelukkige lewe te kan lei! Deur my werk wil ek mense lei om traumatiese ervarings, lewens krissese en sommer elke dag se struikelblokke wat mense se lewenskwaliteit bedreig te verwerk en alternatiewe vaardighede te ontwikkel sodat hulle met hoop toekomsgerig kan leef. As gestremde het ek self deur baie van die lewe se klappe en stote gegaan, dit het my geleer om buite die “boks” te dink en so voor te berei vir die uitdaging om mense te begelei op paaie wat tot alternatiewe uitkomste sal lei. Ek het n paar diplomas in berading,ook n diploma in Bybelse Natuurlike Geneeskunde en my BA graad in Christelike Sielkunde. Dit was vir my ‘n ongelooflik verrykende ervaring en ek het hier besef hoe ‘n groot verskil hierdie benadering tot terapie vir mense kan beteken. Ek het besef dat my droom nie net ‘n droom hoef te bly nie, maar dat ek daadwerklik ‘n positiewe verskil tot mense se lewenskwaliteit kan maak. Ek het my Teologie en Christelike Sielkunde deur Team Impact USA gedoen en my graad in 2013 ontvang. My kantoor is ingerig by my huis. Hierdie besluit is hoofsaaklik gemaak omdat ek in n elektriese rystoel is en dit vir my gerieflik is en my mening is dat die huislike en rustige atmosfeer bydrae om mense gemaklik en rustiger te laat voel en so bydrae tot die terapeutiese proses. Om te werk van die huis af het ook die voordeel dat my troeteldiere hulle bydrae tot die terapeutiese proses kan maak – veral met kinders. Mag God ons lei dat ons mense weer tot n vol lewe kan lei… Shalom
Services
Berading / Counselling


